Hartlik welkom by die Legende,
Hoërskool Hugenote die mees legendariese
en tradisierykste hoërskool.

DIEN
N IDEAAL

Die geleenthede wat HUGENOTE vir jou kan bied, is so wyd soos die talente
van verskillende superhelde op die silwerdoek en in strokiesprente.

Die Legende leef voort.

Mnr. Frans Styger

Boodskap van die Hoof

Beste besoeker aan ons webblad

Die geleenthede wat HUGENOTE se MAROEN MASJIEN bied, is so groot soos die wêreld daar buite. Onthou: hierdie masjien maak legends! Alhoewel ek weet jy het reeds fantastiese kwaliteite, is jy as ’n voornemende HUGIE dus ʼn “legend2B”. Ek kan nie wag om te sien hoe lyk so “legend2B” in die HUGIE-uniform met die lig van ʼn toekomstige legende in sy of haar oë nie.

Boonop is jy jonk en onervare, wat beteken dat jy opgelei MOET word. Ek weet sommer ons personeel en ons VLR en DK gaan van jou ‘n volwaardige HUGIE maak. Binnekort gaan jy oor al die goeie kwaliteite van hierdie legende beskik.

‘n Hugenoot is soos hondehare op ‘n swart broek: moeilik om af te skud en onmoontlik om te ignoreer.

Nogmaals baie welkom.

Hugie-groete

Mnr. Frans Styger

CREDO

Ek is ‘n Hugenoot
Op God sal ek vertrou
Met ‘n leerskool van bevryding
Om my lewe op te bou.
Geloof, opreg, goedhartig
Met liefde vasgehou.
My medemens, my Hugenoot
Met vryheid en trou.
Ek beloof volharding;
Ek dien ’n ideaal;
Ek sal altyd vas bly staan:
My karakter is van staal.
Die kind van Geus en Hugenoot
By jou is waar ek hoort.
Ons stap die pad as vriende,
Deur my leef die legende voort!!

AKTIWITEITE

Totale skoolopleiding by Hoërskool Hugenote berus op die volgende drie ontwikkelingsvelde namelik:
akademie, sport en kultuur. Ons leerlinge lewer op hierdie terrein uitstekende prestasies.

Akademie

Hugies bied aan ons leerders ‘n wye verskeidenheid van vakke om te kies. Ons akademiese fokus en uitslae is slegs een van die aspekte wat Hugies een van die top hoërskole in die land maak, en bied die perfekte fondasie vir verdere studie en ‘n suksesvolle loopbaan.

Sport

Sport lê ons na aan die hart. Hugies bied uitmuntende sportgeriewe vir die volgende: atletiek, rugby, netbal, hokkie (vir dogters en seuns), krieket (vir seuns en dogters), landloop, gholf, swem, jukskei, skaak, ruiterkuns en ‘n toegeruste gimnasium.

Kultuur

By Hugies kan jy jouself ook uitleef op die verhoog en agter die mikrofoon. Kultuuraktiwiteite wat deur die skool aangebied word sluit in toneel, koor, debat, Jonge Juffies-sanggroep, MetroMorff-sanggroep, redenaars en revue.

Ons Missie

Ons is toegewyd om ‘n
funsionele en modern skool
daar te stel, wat kwaliteit
onderrig en ‘n
leeratmosfeer daarstel.
Sodoende beskerm en
ondersteun ons die reg van
elke leerder tot kwalitatiewe
bereikbare en relevante
opvoeding.

Ons Visie

Elke leerder voel geborge in en is geïnspireer deur die innemende opvoedingstelsel en -sfeer.

Volg ons op Facebook

Mees Gewildste Nuusblad

Kontak ons

Die geleenthede wat HUGENOTE vir jou kan bied, is
so wyd soos die talente van verskillende superhelde
op die silwerdoek en in strokiesprente.

011 811 1390

Kantoor Ure : Maandag tot Vrydag : 07:30 - 14:45
Naweke en Vakansiedae - GESLUIT

Oos-Geduldweg,
Geduld,
Springs,
Gautengs